Judges 6:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek het vir julle gesê: Ek is die HERE julle God; vrees nie die gode van die Amoriete in wie se land julle woon nie, maar na my stem het julle nie geluister nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het vir julle gesê: Ek is die Here julle God. Julle mag nie die gode dien van die Amoriete in wie se land julle woon nie. Maar julle wou nie na My luister nie.’”
Afrikaans 1933/1953 En Ek het aan julle gesê: Ek is die HERE julle God; julle mag die gode van die Amoriete in wie se land julle woon, nie vrees nie. Maar julle het nie na my stem geluister nie.
Afrikaans 1983 Ek het vir julle gesê: ‘Ek is die Here julle God. Julle mag nie die gode dien van die Amoriete in wie se land julle woon nie.’ Maar julle het nie na My geluister nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het vir julle gesê: “Ek, die Here, is julle God. Julle mag nie ontsag hê vir die gode van die Amoriete in wie se land julle woon nie.” Maar julle het na my stem nie geluister nie.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het vir julle gesê: Ek is julle God die Here. Julle woon in die Amoriete se land, maar julle moenie hulle gode dien nie. Julle was nie gehoorsaam aan My nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het vir julle gesê: ‘Ek is die Here julle God. Julle mag glad nie die gode van die Amoriete in wie se land julle bly, aanbid nie.’ Maar julle het nie na My geluister nie.”