Judges 6:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, en die HERE het hulle sewe jaar lank in die hand van Mídian gegee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Israeliete het weer begin doen wat verkeerd is in die oë van die Here. Hy het hulle sewe jaar lank aan die Midianiete onderwerp. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar toe die kinders van Israel gedoen het wat verkeerd was in die oë van die HERE, het die HERE hulle oorgegee in die hand van die Midianiete, sewe jaar lank. |
| Afrikaans 1983 | Die Israeliete het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, en Hy het hulle sewe jaar lank oorgegee in die mag van die Midianiete. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Israeliete het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, en Hy het hulle sewe jaar lank oorgegee in die hand van die Midianiete. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie. Daarom het Hy die Midianiete gestuur om die Israeliete sewe jaar lank te verdruk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Israeliete het weer dinge gedoen wat nie die Here se goedkeuring weggedra het nie. Daarom het die Here hulle sewe jaar lank in die mag van die Midianiete oorgegee. |