Judges 5:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle het nuwe gode gekies; dan was daar oorlog in die poorte; was daar 'n skild of spies te sien onder veertigduisend in Israel? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die volk het nuwe gode vir hulle gekies, daar het toe oorlog in die stadspoorte losgebreek. Geen spies of skild was te sien onder Israel se 40 000 soldate nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kies hulle nuwe gode, dan is daar oorlog in die poorte; was daar skild of spies te sien onder veertig duisend in Israel? |
| Afrikaans 1983 | Toe die volk nuwe gode vir hulle gekies het, het daar oorlog gekom, maar nie een uit Israel se duisende soldate het die wapen opgeneem nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nuwe gode is gekies! Was daar toe vegters in die poorte? Was skild of steekspies te sien by veertigduisend in Israel? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die volk het ander gode gekies, en die oorlog het begin in die stede. Maar nie een van Israel se duisende soldate het 'n skild en 'n spies gevat om te veg nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vroeër, toe die volk nuwe gode gekies het om te dien, het daar oorlog uitgebreek. Maar nie een van die volk se 40 000 soldate het wapens gegryp om te veg nie. |