Judges 5:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die inwoners van die dorpe het opgehou, hulle het opgehou in Israel, totdat ek, Debora, opgestaan het, dat ek as moeder in Israel opgestaan het.
Afrikaans (NLV) 2011 Israel se platteland het ontvolk geraak, dit het agteruitgegaan totdat ek, Debora, na vore gekom het, ’n moeder wat in Israel opgestaan het.
Afrikaans 1933/1953 Leiers het ontbreek in Israel, ontbreek; totdat ek, Debora, opgestaan het, ek, 'n moeder in Israel, opgestaan het.
Afrikaans 1983 Die lewe buite die stede het in Israel gekwyn en agteruitgegaan totdat ek, Debora, na vore gekom het, totdat 'n moeder in Israel na vore gekom het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Krygers het ontbreek; in Israel het hulle ontbreek, totdat jy, Debora, opgestaan het, totdat jy, 'n moeder in Israel, opgestaan het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Niemand in die land Israel kon buite die stede woon nie totdat ek, Debora, gekom het om 'n ma te wees vir Israel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die stede in Israel het leeggestaan, sonder inwoners, totdat Debora as ’n moeder vir Israel op die toneel verskyn het.