Judges 5:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In die dae van Samgar, die seun van Anat, in die dae van Jael, was die snelweë onbewoon, en die reisigers het deur paaie geloop. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “In die dae van Samgar, die seun van Anat, in die dae van Jael, het die hoofpaaie stil geword, reisigers het afgedraai op die kronkelpaadjies. |
| Afrikaans 1933/1953 | In die dae van Samgar, die seun van Anat, in die dae van Jael, was die paaie verlate, en die reisigers het langs sypaaie gegaan. |
| Afrikaans 1983 | “In die dae van Samgar seun van Anat, in die dae van Jael was die hoofpaaie stil, reisigers het ompaaie gebruik. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “In die tyd van Samgar, seun van Anat, in die tyd van Jael, was die paaie verlate, het dié wat op reis gaan die kronkelpaaie gevolg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “In die tyd toe Samgar seun van Anat gelewe het, in die tyd van Jael, was dit te gevaarlik om op die paaie te loop, mense moes deur die veld loop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “In Samgar seun van Anat en in Jael se tyd het mense die hoofpaaie vermy, toe het reisigers eerder ompaaie gebruik. |