Judges 5:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | HERE, toe U uit Seïr uitgetrek het, toe U uit die veld van Edom opgetrek het, het die aarde gebewe, en die hemel het gedrup, en die wolke het ook water gedrup. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Here, toe U opgetrek het en deur die veld van Edom marsjeer het, het die aarde gebewe, reën het uit die lug gestort, wolke het strome water gegiet. |
| Afrikaans 1933/1953 | HERE, toe U uitgetrek het uit Se‹r, toe U voortgestap het uit die veld van Edom, het die aarde gebeef, ook het die hemel gedrup, ook het die wolke water gedrup. |
| Afrikaans 1983 | Toe U uit Seïr gekom het, Here, toe U uit die veld van Edom opgetrek het, het die aarde gebewe, het die hemel reën gegee: die wolke het strome water gegee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Here, toe U uitgetrek het uit Seïr, toe U vooruit gestap het uit die gebied van Edom, het die aarde gebewe; selfs die hemel het gegiet, ja, die wolke het water gegiet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, die aarde het geskud, en daar het water gedrup uit die wolke in die lug toe U uit die land Seïr gekom het, toe U gekom het uit die veld van Edom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Here, toe U van die berge in Seïr af gekom het en oor die vlaktes van Edom opgetrek het, het die aarde gebewe onder u groot krag en die hemel het reën gegee. Die water het in strome uit die wolke geloop. |