Judges 5:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat dan al u vyande omkom, HERE, maar laat die wat Hom liefhet, wees soos die son wanneer hy in sy sterkte opgaan. En die land het veertig jaar rus gehad.
Afrikaans (NLV) 2011 “Mag al u vyande, Here, tot niet gaan soos Sisera. Mag almal wat vir U lief is, wees soos die son wat in sy volle glorie opkom.” Daarna was daar 40 jaar lank vrede in die land.
Afrikaans 1933/1953 So moet al u vyande, HERE, omkom! Maar die wat Hom liefhet, is soos die opgang van die son in sy krag. En die land het veertig jaar lank gerus.
Afrikaans 1983 “Mag al u vyande so omkom, Here, maar mag dié wat vir U liefhet, wees soos die son wat in sy volle krag skyn.” Daarna was daar veertig jaar lank vrede in die land.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “So moet al u vyande omkom, Here! Maar hulle wat Hom liefhet, is soos die son wat opkom in sy krag! ” Daarna het die land veertig jaar lank rus gehad.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Here, ek bid dat dit met al u vyande sal gaan soos met Sisera, en dat almal wat lief is vir U, sal wees soos die son wat helder skyn.” Daar was 40 jaar lank vrede in die land.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Mag al u vyande so doodgaan, Here, maar mag dié wat U liefhet, wees soos die son wat opkom en met sy volle glorie oor die aarde skyn.” Hierna was daar 40 jaar lank vrede in die land.