Judges 5:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Het hulle nie gejaag nie? het hulle nie die prooi verdeel nie; vir elke man 'n meisie of twee; vir Sisera 'n buit van allerhande kleure, 'n buit van allerhande kleure van naaldwerk, van allerhande kleure van naaldwerk aan beide kante, die nekke van die wat die buit neem? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ‘Hulle verdeel die groot buit wat hulle verower het. Vir elke soldaat ’n meisie of twee. Gekleurde klere as buit vir Sisera, gekleurde borduurwerk as buit, gekleurde borduurwerk vir my nek as buit.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle het seker buit gevind en verdeel dit: een slavin, twee slavinne vir elke man; 'n buit van bont klere vir S¡sera, 'n buit van bont klere, veelkleurige; 'n bont doek, twee veelkleuriges as buit vir my hals. |
| Afrikaans 1983 | ‘Hulle het 'n groot buit in die hande gekry, hulle verdeel dit: 'n meisie of twee vir elke soldaat; gekleurde klere as buit vir Sisera; gekleurde weefwerk as buit, gekleurde doeke vir my nek, dit is die buit!’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | ‘Kom hulle nie af op buit en verdeel dit nie? 'n Vrouelyf, twee vrouelywe vir elk van die helde, 'n buit van veelkleurige doeke vir Sisera, 'n buit van veelkleurige doeke, kleurvol geweefde doeke, twee kleurvol geweefde doeke, vir die halse van hulle wat gebuit is.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | ‘Ek dink hulle deel die goed uit wat hulle gevat het: Elke man kry een of twee meisies, Sisera kry mooi bont klere, en óns kry nekdoeke met baie kleure.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het ’n groot buit in die hande gekry, en hulle is besig om dit te verdeel: ’n meisie of twee vir elke soldaat, pragtige klere vir Sisera, pragtige gekleurde weefwerk en doeke vir my om te dra, dit is die buit. |