Judges 5:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hoor, o konings! luister, o vorste! Ek sal tot eer van die HERE sing; Ek wil psalmsing tot eer van die HERE, die God van Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Luister, konings, spits julle ore, regeerders! Ek sing vir die Here, ek prys die Here, die God van Israel, met my lied. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hoor, o konings! Luister, o vorste! Ek, tot eer van die HERE wil ek sing, tot eer van die HERE, die God van Israel, wil ek psalmsing. |
| Afrikaans 1983 | Luister, konings, gee aandag, regeerders! Ek sing tot eer van die Here, ek prys die Here die God van Israel met my lied: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Luister, konings; gee aandag, regeerders! Ek, vir die Here wil ek sing; ek wil die Here, die God van Israel besing. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Konings en almal wat belangrik is, julle moet luister. Ek wil vir die Here sing, ek wil musiek maak vir die Here, die God van Israel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Luister, konings! Hoor mooi, regeerders! Ek sing tot eer van die Here, ek eer die Here, die God van die Israeliete, met my lied. |