Judges 5:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die moeder van Sisera het by 'n venster uitgekyk en deur die traliewerk uitgeroep: Waarom verlang sy strydwa so lank om te kom? waarom vertoef die wiele van sy strydwaens?
Afrikaans (NLV) 2011 “Sisera se ma het uit die venster ondertoe gekyk. Sy het by die hortjies staan en sug. Sy het gevra: ‘Waarom vat sy oorlogswa so lank om terug te kom? Hoekom bly die gedreun van sy wiele weg?’
Afrikaans 1933/1953 Deur die venster kyk die moeder van S¡sera uit, en sy roep deur die venstertralie: Waarom vertoef sy wa om te kom? Waarom versuim die passe van sy wa-span?
Afrikaans 1983 “Sisera se ma het deur die venster gekyk, sy het by die traliewerk gestaan en gekla: ‘Waarom talm sy strydwa om te kom, waarom bly die gedreun van sy strydwawiele weg?’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Deur die venster kyk sy af, die moeder van Sisera roep klaend deur die latwerk: ‘Waarom sloer sy strydwa om te kom? Waarom talm die gerammel van sy strydwaens?’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Sisera se ma het by die venster uitgekyk, sy het deur die venster se tralies gekyk, sy het gehuil en gevra: ‘Hoekom kom sy oorlogkar nie? Hoekom hoor ons hom nie kom nie?’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Sisera se ma het deur die venster bly kyk, sy het by die vensterraam bly staan en vra: ‘Waarom kom sy strydwa dan nie aan nie, hoekom hoor ek nie die geluid van sy strydwa se wiele nie?’