Judges 5:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sy steek haar hand aan die spyker en haar regterhand aan die hamer van die werksmense; en met die hamer het sy Sisera geslaan, sy kop afgeslaan toe sy sy slape deurboor en geslaan het.
Afrikaans (NLV) 2011 In haar linkerhand het sy die tentpen gevat, in haar regterhand die dryfhamer. Sy het vir Sisera deurboor, sy kop verbrysel, hom pap geslaan en sy slape deurboor.
Afrikaans 1933/1953 Haar hand steek sy uit na die tentpen en haar regterhand na die werksman se hamer; en sy hamer S¡sera, verpletter sy kop en verbrysel en deurboor die slaap van sy hoof.
Afrikaans 1983 In haar hand het sy die tentpen vasgevat, in haar regterhand die werksman se hamer. Sy het vir Sisera daarmee getref, sy kop papgeslaan, sy het die slaap van sy kop verbrysel, dit deurboor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Haar hand steek sy uit na die tentpen, haar regterhand na die werkers se hamer. Sy slaan Sisera met die hamer, verpletter sy kop; sy verbrysel, sy deurboor sy slape.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sy het 'n tentpen gevat met die een hand en met die ander hand 'n hamer, en sy het vir Sisera doodgemaak. Sy het die pen deur sy kop geslaan tot in die grond.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het sy met haar linkerhand ’n tentpen gevat en met haar regterhand ’n hamer. Sy het vir Sisera daarmee geslaan, sy kop inmekaargeslaan, sy het die tentpen reg deur sy slape geslaan.