Judges 5:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Vloek Meros, sê die Engel van die HERE, vervloek sy inwoners bitterlik; omdat hulle die HERE nie tot hulp gekom het nie, die HERE teen die helde te hulp gekom het.
Afrikaans (NLV) 2011 “‘Meros is vervloek!’ sê die engel van die Here. Dié wat in Meros bly, is vir altyd vervloek. Hulle het die Here nie kom help nie. Hulle het Hom nie kom help om teen die kragtige soldate te veg nie.
Afrikaans 1933/1953 Vloek Meros, sê die Engel van die HERE; ja, vervloek sy inwoners, omdat hulle die HERE nie tot hulp gekom het nie, die HERE tot hulp onder die helde.
Afrikaans 1983 “Die Engel van die Here het gesê: ‘Julle moet vir Meros vervloek, julle moet sy inwoners sonder genade vervloek, want hulle het nie vir die Here kom veg nie, nie vir Hom teen die dapper vegters kom veg nie.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) ‘Vervloek Meros, ’ sê die •engel van die Here, ‘vervloek sy inwoners volkome; want hulle het nie gekom ter ondersteuning van die Here nie, ter ondersteuning van die Here teen die helde nie.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Die Engel van die Here het gesê: ‘Julle moet die stad Meros vervloek, julle moet sy mense vervloek en nie jammer wees vir hulle nie. Want hulle het nie gekom met hulle soldate om die Here te help nie.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ‘Vervloek die mense van Meros,’ het die Engel van die Here gesê, ‘ja, vervloek hulle sonder om hulle jammer te kry, want hulle het nie vir die Here kom veg nie.’