Judges 5:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe is die perdehoewe gebreek deur middel van die gejaagdheid, die geslinger van hulle magtiges.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die hoewe van die perde het geklap op die grond. Sisera se dapper manne het op ’n jaaggalop weggestorm.
Afrikaans 1933/1953 Toe het die perdepote geklap van die gejaag, die gejaag van hulle geweldiges.
Afrikaans 1983 “Die perde het met hulle hoewe gekap, die sterkes het in jaaggalop voortgestorm.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarna het die perdepote gedreun van die jaagtog, die jaagtog van sy hingste!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die perdepote het geraas op die grond, Sisera se soldate het gevlug op hulle perde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Toe het die perde die aarde laat dreun soos hulle aangestorm kom.