Judges 5:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Prys die HERE vir die wraak van Israel toe die volk hulle gewillig geoffer het.
Afrikaans (NLV) 2011 “Prys die Here! Israel se leiers het opgetree, die volk het hulle kom aanmeld vir oorlog.
Afrikaans 1933/1953 Omdat aanvoerders aangevoer het in Israel, omdat die volk hom gewillig getoon het -- prys die HERE!
Afrikaans 1983 “Julle moet die Here prys, want leiers het opgetree in Israel, die volk het hulle aangemeld vir die oorlog.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Wanneer hare onversorg is in Israel, wanneer manskappe vrywillig aanmeld – prys die Here!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Manne in die land Israel het gereedgemaak vir die oorlog. Niemand het gesê dat hulle moet kom nie, hulle het self gekom. Prys die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Toe Israel se leiers voorloop, het die volk hulle vrywillig en met blydskap gevolg. Prys die Here!