Judges 5:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die konings het gekom en geveg, en daarna het die konings van Kanaän in Taänag by die waters van Megiddo geveg; hulle het geen geld gewin nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Konings het kom veg. Die konings van Kanaän het by Taänak kom veg, by die fonteine van Megiddo, sonder om silwer buit te maak.
Afrikaans 1933/1953 Konings het gekom, geveg; toe het die konings van Kanaän geveg by T änag, by die waters van Meg¡ddo -- geen stuk silwer het hulle geneem nie.
Afrikaans 1983 “Konings het gekom, hulle het geveg, die konings van Kanaän het geveg by Taänak, by Megiddo se waters, maar hulle het nie silwer buitgemaak nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Konings het gekom, hulle het geveg; toe het die konings van Kanaän geveg by Taänag, langs die water van Megiddo; maar nie 'n enkele stuk silwer kon hulle buit nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Konings het kom oorlog maak, die konings van Kanaän het oorlog gemaak in Taänak by die Megiddo-water, maar hulle het nie die Israeliete oorwin en hulle silwer gevat nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die konings van Kanaän het gekom, hulle het by Taänak en die fonteine van Megiddo oorlog gemaak, maar hulle het nie oorlogsbuit saam met hulle teruggevat nie.