Judges 5:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Gilead het anderkant die Jordaan gebly, en waarom het Dan op skepe gebly? Aser het op die seestrand gebly en in sy skeure gebly.
Afrikaans (NLV) 2011 Gilead het bly sit oorkant die Jordaan. Dan, waarom het jy by die skepe gebly? Aser het op die seestrand bly sit, hy het nie van die hawens af beweeg nie.
Afrikaans 1933/1953 G¡lead het rustig oorkant die Jordaan gebly; en Dan, waarom vertoef hy by die skepe? Aser het bly sit aan die seekus en aan sy baaie rustig gebly.
Afrikaans 1983 Gilead het oorkant die Jordaan bly sit, en waarom het Dan by die skepe gebly? Aser het by die seestrand bly sit, nie van sy kaai af geroer nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Gilead het oorkant die Jordaan vertoef, en Dan – waarom is hy tydelik by die skepe? Aser sit langs die seestrand, by sy vasmeerplekke vertoef hy.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense van Gilead het anderkant die Jordaan-rivier gebly en die mense van Dan, hoekom het hulle by die skepe van ander mense gebly? Die Aser-mense het ook daar langs die see bly sit en nie weggegaan van die hawe nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gilead het aan die oostekant van die Jordaanrivier gebly, en waarom het Dan by die huis gebly? Aser het langs die kus bly sit, hom nie verroer uit hulle hawestad nie.