Judges 5:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Waarom bly jy tussen die skaapkrale om die geblaas van die kleinvee te hoor? Vir die afdelings van Ruben was daar groot ondersoeke van hart. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Waarom het jy by die krale gebly, geluister hoe die herders vir hulle skape fluit? Onder Ruben se groep was daar onsekerheid. |
| Afrikaans 1933/1953 | Waarom het jy tussen die veekrale bly sit en luister na die fluitspel by die troppe vee? In die afdelings van Ruben was die voornemens van die hart groot. |
| Afrikaans 1983 | Waarom het jy by die saalsakke bly sit, bly luister na die fluitspel by die veetroppe? By Ruben se suipplekke is daar baie beraadslaag. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Waarom het jy tussen die saalsakke bly sit om te luister na die fluitspel by die veetroppe? In die geledere van Ruben was die oorwegings van die hart groot. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hoekom het julle daar by die skaapkrale gebly en aangehou luister na die fluite van die skaapwagters? Ja, die Ruben-mense het net gesit en dink. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hoekom het jy by die kampvuur bly sit, bly luister na die wagters wat hulle veetroppe roep? Ja, die stam van Ruben was verdeeld, hulle kon nie besluit wat om te doen nie. |