Judges 5:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die vorste van Issaskar was saam met Debóra; ja, Issaskar en ook Barak; hy is te voet die dal in gestuur. Vir die afdelings van Ruben was daar groot gedagtes van hart. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die leiers van Issaskar was saam met Debora. Issaskar het Barak gevolg. Hulle is te voet die vallei in. By Ruben se groep was daar huiwering. |
| Afrikaans 1933/1953 | en vorste in Issaskar met Debora saam; en Issaskar soos Barak: in die dal storm hulle op sy voetspore. In die afdelings van Ruben was die voornemens van die hart groot. |
| Afrikaans 1983 | die leiers uit Issaskar was by Debora. Issaskar was soos Barak, in die laagte was Issaskar by Barak. “By Ruben se suipplekke is daar baie beraadslaag. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | •Aanvoerders uit Issaskar is by Debora. Issaskar is soos Barak – hy is in die vlakte uitgestuur op sy spoor. In die geledere van Ruben was die oorwegings van die hart groot. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was belangrike mense van die stam Issaskar by Debora, ja, hulle was saam met Barak in die vallei. Maar die Ruben-mense het net gesit en dink by die plekke waar hulle vir hulle skape water gee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die leiers van Issaskar het saam met Debora gekom, ja, Issaskar het gekom en Barak ook, en hulle het hom die vallei in gevolg. “Maar die stam van Ruben was verdeeld, hulle kon nie besluit wat om te doen nie. |