Judges 5:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Hy die wat oorbly, laat heers oor die edeles onder die volke; die HERE het my oor die helde laat heers.
Afrikaans (NLV) 2011 “Hulle wat oor was, het van Tabor af teen die magtiges opgetrek, die volk van die Here het uitgetrek teen magtige soldate.
Afrikaans 1933/1953 Toe het die oorblyfsel van die vername manne van die volk afgetrek, toe het die HERE vir my afgetrek onder die helde.
Afrikaans 1983 “Dié van my volk wat oorgebly het, het bymekaargekom by die leiers, die volk van die Here het na my toe gekom, al die dapper vegters:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Toe het dié wat oorgebly het, afgekom na dié wat sterk is; die manskappe van die Here het as helde afgekom na my.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Toe het die mense van my volk, die mense wat nog gelewe het, saam met hulle leiers gekom. Die volk van die Here het na my toe gekom en hulle was almal dapper soldate.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die mense uit die volk wat getrou gebly het aan God het na hulle leiers toe gekom. Die volk van die Here het na my toe gekom, gereed om te veg.