Judges 5:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die wat verlos is van die geraas van die boogskutters in die plekke van waterputting, daar sal hulle die regverdige dade van die HERE verhoor, die regverdige dade teenoor die inwoners van sy dorpe in Israel; dan sal die volk van die HERE aftrek na die hekke.
Afrikaans (NLV) 2011 “By die drinkbakke sing hulle daaroor, hulle praat oor die oorwinning wat die Here behaal het, oor sy oorwinning vir die mense van Israel. “Die volk van die Here het afgegaan na die poorte van die stad:
Afrikaans 1933/1953 Vanweë die stem van die boogskutters tussen die drinkplekke, besing hulle daar die regverdige dade van die HERE, die regverdige dade van sy leiding in Israel. Toe het die volk van die HERE afgetrek na die poorte toe.
Afrikaans 1983 “Tussen die drinkbakke praat hulle daaroor, besing hulle die oorwinning wat die Here behaal het, sy oorwinning vir die boere van Israel. “Die volk van die Here kom bymekaar by die stadspoorte, hulle sing:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) nog harder as die stemme van hulle wat troppe skei tussen die drinkbakke! Daar moet hulle die reddingsdade van die Here oorvertel, die reddingsdade van sy krygers in Israel. Dan kom die manskappe van die Here af na die poorte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense wat water skep vir die diere, praat daaroor dat die Here die vyande oorwin het en dat die mense buite die stede nou weer kan lewe. Die volk van die Here het na die poorte gekom
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Luister! Die raserige skare by die fonteine vertel van die Here se oorwinnings, hulle praat oor die oorwinnings van sy volk! “Die volk van die Here kom bymekaar by die dorpshekke, hulle sing: