Judges 4:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sy sê: Ek sal sekerlik saam met jou gaan; want die HERE sal Sisera in die hand van 'n vrou verkoop. En Debora het klaargemaak en saam met Barak na Kedes gegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 “Goed,” het sy vir hom gesê. “Ek sal wel saam met jou gaan, maar omdat dit jou voorwaarde is, sal jy geen eer vir die veldtog kry nie. Die Here sal Sisera deur ’n vrou oorwin.” Debora het klaargemaak en sy is saam met Barak na Kedes toe.
Afrikaans 1933/1953 Toe sê sy: Ek sal sekerlik met jou saamtrek, maar die eer sal nie joue wees op die pad wat jy sal gaan nie; want die HERE sal S¡sera in die hand van 'n vrou verkoop; en Debora het opgestaan en saam met Barak na Kedes getrek.
Afrikaans 1983 Sy het vir hom gesê: “Goed, ek sal saamgaan, maar jy sal nie die eer vir die veldtog kry nie: die Here sal vir Sisera aan 'n vrou uitlewer.” Toe het Debora klaargemaak en saam met Barak na Kedes toe gegaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy sê toe: “Ek sal beslis met jou saamgaan. Dit sal egter nie tot jou eer strek op die pad waarop jy gaan nie, want in die hand van 'n vrou sal die Here Sisera oorlewer.” Debora staan toe op en gaan saam met Barak na Kedes.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Debora het gesê: “Ja, ek sal saam met jou gaan, maar onthou, wanneer julle die vyand oorwin, dan sal jy nie die eer kry nie, want die Here sal 'n vrou gebruik om Sisera dood te maak.” Debora het saam met Barak na Kedes gegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Dit is goed so,” het sy gesê, “ek sal saam met jou gaan. Maar aangesien dit jou keuse is, sal jy nie die eer vir die oorwinning kry nie. Die Here sal Sisera in ’n vrou se hande oorgee.” Debora is toe saam met Barak daar weg na Kedes toe.