Judges 4:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Barak vir haar: As jy saam met my wil gaan, sal ek gaan; maar as jy nie saam met my gaan nie, sal ek nie gaan nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Barak antwoord haar: “Ek sal net gaan as jy saam met my gaan.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Barak sê vir haar: As u met my saamtrek, sal ek gaan; maar as u nie met my saamtrek nie, gaan ek nie. |
| Afrikaans 1983 | Barak het haar geantwoord: “As u saamgaan, sal ek optrek, maar as u nie saamgaan nie, gaan ek nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Barak het vir haar gesê: “As jy met my saamgaan, sal ek gaan; maar as jy nie met my saamgaan nie, sal ek nie gaan nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Barak het vir Debora gesê: “Ek sal gaan as jy saam met my gaan, maar as jy nie saam met my gaan nie, dan sal ek nie gaan nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe het Barak haar geantwoord: “Ek sal op een voorwaarde gaan, en dit is dat jy saam met my gaan. So nie, bly ek net hier!” |