Judges 4:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die kinders van Israel het die HERE aangeroep, want hy het nege honderd ysterwaens gehad; en twintig jaar lank het hy die kinders van Israel baie verdruk.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het 900 ysterstrydwaens onder sy bevel gehad. Hy het die Israeliete twintig jaar lank swaar onderdruk. Maar Israel het by die Here gepleit om hulle hiervan te bevry.
Afrikaans 1933/1953 En die kinders van Israel het die HERE aangeroep; want hy het nege honderd ysterwaens gehad en die kinders van Israel twintig jaar lank swaar verdruk.
Afrikaans 1983 Hy het nege honderd ysterstrydwaens gehad en hy het die Israeliete twintig jaar lank verdruk. Daarom het hulle tot die Here geroep om hulp.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Israeliete het na die Here om hulp geroep, want Sisera het negehonderd ysterstrydwaens gehad en hy het die Israeliete twintig jaar lank wreed mishandel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jabin het 900 oorlogkarre van yster gehad, en hy het die Israeliete 20 jaar lank verdruk. Die Israeliete het tot die Here gebid en gevra dat Hy hulle moet help.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jabin het 900 ysterstrydwaens gehad. Hy het die Israeliete twintig jaar lank genadeloos onderdruk. Daarom het hulle by die Here hulp gaan soek.