Judges 4:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe neem Jael Heber se vrou 'n spyker van die tent en neem 'n hamer in haar hand en gaan saggies na hom en slaan die spyker in sy slape en steek dit in die grond vas, want hy was vas aan die slaap en moeg. So het hy gesterf. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sisera was moeg en het aan die slaap geraak. Geber se vrou Jael het toe een van die tentpenne gevat en met ’n hamer in haar hand stilletjies na Sisera gesluip. Sy het die tentpen dwarsdeur sy slaap gedryf tot in die grond sodat hy gesterf het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe neem Jael, die vrou van Heber, 'n tentpen en vat die hamer in haar hand en gaan stilletjies na hom en dryf die pen terwyl hy vas aan die slaap was dwarsdeur die slaap van sy hoof, sodat dit in die grond indring. So het hy dan bewusteloos geword en gesterwe. |
| Afrikaans 1983 | Jael die vrou van Geber het toe 'n tentpen gevat en met 'n hamer in haar hand is sy suutjies na Sisera toe. Hy was moeg en het vas geslaap. Toe slaan sy die tentpen deur die slaap van sy kop, sodat sy hom in die grond vasslaan, en so is hy dood. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Jael, die vrou van Geber, het 'n tentpen gevat en met die hamer in haar hand het sy stilletjies ingegaan na hom toe. Sy het die tentpen in sy slaap ingeslaan, sodat dit in die grond ingegaan het. Hy was vas aan die slaap van uitputting, en het gesterf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sisera was moeg en hy het aan die slaap geraak. Geber se vrou Jael het toe 'n tentpen en 'n hamer gevat en saggies na Sisera toe gegaan. Sy het die pen deur sy kop geslaan tot in die grond. Hy het gesterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sisera was so moeg dat hy net daar aan die slaap geraak het. Jael het toe ’n hamer en ’n tentpen gevat en stilletjies na die slapende Sisera toe gegaan. Sy het die tentpen met die hamer deur sy kop tot in die grond ingeslaan. So is Sisera dood. |