Judges 4:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE het hulle verkoop in die hand van Jabin, die koning van Kanaän, wat in Hasor geregeer het; wie se leërowerste Sisera was, wat in Haroset van die heidene gewoon het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het hulle uitgelewer aan die mag van Jabin. Hy was die Kanaänitiese koning in Hasor. Die aanvoerder van sy leër was Sisera van Garoset-Gojim.
Afrikaans 1933/1953 Daarom het die HERE hulle verkoop in die hand van Jabin, die koning van Kanaän, wat in Hasor geregeer het; en sy leërowerste was S¡sera, 'n inwoner van Haroset van die heidene.
Afrikaans 1983 Die Here het hulle oorgegee in die mag van koning Jabin van Kanaän wat in Hasor geregeer het. Sisera uit Garoset-Gojim was die hoof van Jabin se weermag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het hulle toe oorgelewer in die hand van Jabin, die koning van Kanaän, wat in Gasor regeer het, en in die hand van Sisera, die bevelvoerder van sy leër. Hy was gesetel in Garoset-Gojim.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) het die Here vir koning Jabin van Kanaän gehelp om die Israeliete te oorwin. Koning Jabin se paleis was in die stad Hasor. Sisera was die hoof van sy leër, en hy het gewoon in Garoset-Gojim.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het hulle in koning Jabin, ’n Kanaänitiese koning, se mag oorgegee. Hy het in Hasor regeer. Sisera, sy weermaghoof, het in Garoset-Hagojim gewoon.