Judges 4:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê vir haar: Gee my tog 'n bietjie water om te drink; want ek is dors. En sy het 'n bottel melk oopgemaak en hom laat drink en hom toegemaak.
Afrikaans (NLV) 2011 “Gee tog vir my ’n bietjie water om te drink,” het hy vir haar gevra. “Ek is dors.” Sy het hom toe melk uit die melksak laat drink. Sy het hom weer onder die deken toegemaak.
Afrikaans 1933/1953 Daarop sê hy vir haar: Gee my tog 'n bietjie water om te drink, want ek het dors; sy maak toe die melksak oop en laat hom daaruit drink en maak hom weer toe.
Afrikaans 1983 Hy sê toe vir haar: “Ek is dors, gee my 'n bietjie water om te drink.” Sy het die melksak oopgemaak en hom melk laat drink. Toe het sy hom weer toegemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sê toe vir haar: “Gee my asseblief 'n bietjie water om te drink, want ek is dors.” Sy maak toe die leersak met melk oop, en laat hom drink. Sy het hom weer toegemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het vir haar gesê: “Ek is dors. Gee vir my asseblief 'n bietjie water om te drink.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy sê toe vir haar: “Ek is dors, gee my ’n bietjie water om te drink.” Sy het dadelik vir hom ’n bietjie melk gegee om te drink en hom weer met die kombers toegemaak.