Judges 4:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Barak het die strydwaens en die leër agternagejaag tot by Haroset van die heidene, en die hele leër van Sísera het op die skerpte van die swaard geval; en daar was geen man oor nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Barak het die oorlogwaens en hulle bemanning agtervolg tot by Garoset-Gojim. Al Sisera se soldate is doodgemaak. Nie een van hulle het die geveg oorleef nie.
Afrikaans 1933/1953 Maar Barak het die waens en die leër agternagejaag tot by Haroset van die heidene, en die hele leër van S¡sera het deur die skerpte van die swaard geval; daar het selfs nie een oorgebly nie.
Afrikaans 1983 Barak het die strydwaens en die leër agternagesit tot by Garoset-Gojim, en die hele leër van Sisera is afgemaai: daar het nie een van hulle oorgebly nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Barak het egter die strydwamag en leër agtervolg tot by Garoset-Gojim. Sisera se hele leër het deur die skerpte van die swaard geval; nie een het oorgebly nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Barak en sy manne het die oorlogkarre en die leër van Sisera gevolg en gejaag tot by Garoset-Gojim, en hulle het al die soldate doodgemaak, nie een het aangehou lewe nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Barak het die soldate en die strydwaens in die rigting van Garoset-Hagojim agternagesit en hulle almal sonder uitsondering doodgemaak.