Judges 4:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE het Sísera en al sy strydwaens en sy hele leër in verwarring gebring met die skerpte van die swaard voor Barak; sodat Sisera van sy strydwa afgesteek en op sy voete weggevlug het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het Sisera en sy oorlogwaens en al sy manskappe holderstebolder voor Barak laat vlug. Sisera het van sy wa af gespring en te voet verder gevlug. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE het S¡sera met al die waens en die hele leër deur die skerpte van die swaard in verwarring gebring voor Barak uit, en S¡sera het van sy wa afgeklim en te voet gevlug. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het Sisera en sy strydwabemanning en sy hele leër baie bang laat word vir Barak en sy mag, en Sisera het van sy strydwa af afgespring en te voet gevlug. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het Sisera, sy hele strydwamag en sy hele leër voor Barak in verwarring gebring deur die skerpte van die swaard. Sisera het van sy strydwa afgeklim en te voet gevlug. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het Sisera en al sy manne op die oorlogkarre en al sy soldate baie groot laat skrik vir Barak. Sisera self het van sy oorlogkar afgespring en gevlug. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Barak en sy soldate hulle aanval, het die Here vir Sisera en sy hele leër, die voetsoldate en dié in die strydwaens, paniekbevange gemaak. Sisera het van sy strydwa afgespring en te voet weggehardloop. |