Judges 4:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Debóra vir Barak: Staan op! want dit is die dag waarop die HERE Sísera in jou hand gee. Het die HERE nie voor jou uit gegaan nie? En Barak het van die berg Tabor afgegaan, en tienduisend man agter hom aan.
Afrikaans (NLV) 2011 Debora beveel toe vir Barak: “Maak jou reg. Die Here gaan vandag Sisera aan jou uitlewer. Die Here sal voor jou uit marsjeer.” Barak het toe sy 10 000 man van Tabor af gelei om te gaan veg.
Afrikaans 1933/1953 Daarop sê Debora vir Barak: Maak jou klaar, want dit is die dag waarop die HERE S¡sera in jou hand gee. Trek die HERE nie voor jou uit nie? Toe trek Barak van die berg Tabor af, en tien duisend man agter hom aan.
Afrikaans 1983 Toe sê Debora vir Barak: “Trek op, want vandag gee die Here vir Sisera in jou mag oor. Die Here gaan voor jou uit.” Barak het toe van Taborberg af afgegaan, en die tien duisend man het hom gevolg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê Debora vir Barak: “Maak gereed, want vandag is die dag waarop die Here Sisera in jou hand gee. Trek die Here self nie voor jou uit nie?” Daarop het Barak van die berg Tabor afgetrek met tienduisend man agter hom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Debora sê toe vir Barak: “Maak oorlog teen hulle, want die Here sal jou vandag laat wen teen Sisera. Onthou, die Here gaan voor jou, Hy sal jou help.” Barak het afgegaan van Tabor-berg, en die 10 000 manne het saam met hom gegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe sê Debora vir Barak: “Maak jou reg! Vandag gee die Here Sisera in jou mag oor, want die Here self trek voor jou uit!” Barak en sy 10 000 soldate is toe teen berg Tabor af om te gaan oorlog maak.