Judges 3:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die kinders van Israel die HERE aanroep, het die HERE vir die kinders van Israel 'n verlosser verwek, wat hulle verlos het, naamlik Otniël, die seun van Kenas, die jonger broer van Kaleb. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Israeliete het die Here begin smeek om hulle te help. Hy het toe vir hulle iemand gestuur om hulle te bevry. Sy naam was Otniël, die seun van Kaleb se jonger broer Kenas. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar toe die kinders van Israel die HERE aanroep, het die HERE 'n verlosser vir die kinders van Israel verwek, wat hulle verlos het: Otniël, die seun van Kenas, die jonger broer van Kaleb. |
| Afrikaans 1983 | Toe het die Israeliete tot die Here geroep, en Hy het vir hulle 'n redder na vore laat kom wat hulle gered het. Hy was Otniël seun van Kenas, 'n jonger broer van Kaleb. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het die Israeliete na die Here om hulp geroep. Hy het 'n verlosser vir die Israeliete laat opstaan, wat hulle verlos het. Dit was Otniël, die seun van Kenas, die jonger broer van Kaleb. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het tot die Here gebid en gevra dat Hy hulle moet help. Die Here het toe vir die Israeliete 'n redder gestuur om hulle te red. Die redder was Otniël. Hy was die seun van Kaleb se jongste broer Kenas. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die Israeliete by die Here hulp gaan soek het, het Hy iemand gestuur om hulle te help. Dit was Otniël. Hy was Kaleb se jonger broer Kenas se seun. |