Judges 3:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom het die toorn van die HERE teen Israel ontvlam, en Hy het hulle verkoop in die hand van Kusan-Ristaim, die koning van Mesopotamië; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here was woedend vir die Israeliete. Hy het hulle aan koning Kusan-Risatajim van Aram-Naharajim uitgelewer. Hulle was agt jaar lank sy onderdane. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het die toorn van die HERE teen Israel ontvlam, en Hy het hulle verkoop in die hand van Kusan Risat im, die koning van Mesopot mië, en die kinders van Israel het Kusan Risat im agt jaar lank gedien. |
| Afrikaans 1983 | Toe het die Here kwaad geword vir die Israeliete. Hy het hulle oorgegee in die mag van koning Kusan-Risatajim van Mesopotamië en hulle was ag jaar sy onderdane. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het die toorn van die Here teen Israel ontbrand, en Hy het hulle oorgelewer in die hand van Kusan-Risatajim, die koning van Aram-Naharajim. Die Israeliete het Kusan-Risatajim agt jaar lank gedien. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het baie kwaad geword vir die Israeliete. Hy het Kusan-Risatajim gehelp om 'n oorlog te wen teen die Israeliete. Kusan-Risatajim was die koning van die Arameërs wat tussen die Eufraat-rivier en die Tigris-rivier gewoon het. Die Israeliete het Kusan-Risatajim ag jaar lank gedien. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hieroor was die Here kwaad vir Israel. Daarom het Hy hulle agt jaar lank in koning Kusan-Risatajim van Mesopotamië se mag oorgegee. |