Judges 3:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, en die HERE hulle God vergeet en die Baäls en die bosse gedien.
Afrikaans (NLV) 2011 Wat die Israeliete gedoen het, was verkeerd vir die Here. Hulle het die Here hulle God uit hulle gedagtes geskuif en eerder die beelde van die Baäls en die gewyde pale van Asjera aanbid.
Afrikaans 1933/1953 En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE en die HERE hulle God vergeet en die Baäls en die heilige boomstamme gedien.
Afrikaans 1983 Die Israeliete het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. Hulle het die Here hulle God vergeet en die Baäls en die gewyde pale gedien.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Israeliete het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. Hulle het die Here hulle God vergeet en die Baäls en asjeras gedien.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Israeliete het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie. Hulle het hulle God die Here vergeet en hulle het die Baäls en Asjeras gedien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Israeliete het dinge gedoen waarvan die Here niks gehou het nie. Hulle het die Here hulle God vergeet en die afgodsbeelde van Baäl en die heilige pale van Asjera aanbid.