Judges 3:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle moes Israel deur hulle op die proef stel, om te weet of hulle sou luister na die gebooie van die HERE wat Hy hulle vaders deur die hand van Moses beveel het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het hulle almal daar laat bly om deur hulle agter te kom of die Israeliete bereid is om te luister na die gebooie van die Here wat Hy deur Moses vir hulle voorouers gegee het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle was dan daar om deur hulle Israel op die proef te stel; om te weet of hulle na die gebooie van die HERE wat Hy hulle vaders deur Moses beveel het, sou luister. |
| Afrikaans 1983 | Hulle is met rus gelaat om Israel met hulle te toets, om te sien of die Israeliete gehoorsaam sou wees aan die gebooie van die Here, die gebooie wat Hy hulle voorvaders deur Moses beveel het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle was daar sodat die Here Israel deur hulle kon toets, om vas te stel of Israel die gebooie van die Here wat Hy hulle voorouers by monde van Moses beveel het, sal gehoorsaam. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here wou die Israeliete toets. Hy wou sien of hulle gehoorsaam sal wees aan sy gebooie. Hy het voorheen vir Moses gestuur om die gebooie vir hulle voorvaders te gee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle is met rus gelaat om te sien of die Israeliete die Here se bevele wat Hy deur Moses aan hulle voorouers gegee het, sou gehoorsaam. |