Judges 3:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ná hom was Samgar, die seun van Anat, wat van die Filistyne ses honderd man met 'n osprikkel gedood het; en hy het ook Israel gered.
Afrikaans (NLV) 2011 Ná Ehud het Samgar, die seun van Anat, gekom. Hy het 600 Filistyne met ’n drywerstok doodgeslaan en Israel bevry.
Afrikaans 1933/1953 Toe kom nhom Samgar, die seun van Anat, wat van die Filistyne ses honderd man met 'n osdrywerstok verslaan het; en ook hy het Israel verlos.
Afrikaans 1983 Na Ehud het Samgar seun van Anat opgetree. Hy het ses honderd Filistyne doodgeslaan met 'n stok en so vir Israel gered.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ná Ehud was dit Samgar, seun van Anat. Hy het die Filistyne verslaan, seshonderd man, met 'n osdrywerstok. Ook hy het Israel verlos.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ná Ehud het Samgar die leier geword. Hy was die seun van Anat, en hy het 600 Filistyne doodgemaak met 'n skerp stok. So het hy ook die Israeliete gered.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Na Ehud het Anat se seun Samgar Israel van die Filistyne gered deur 600 van hulle met ’n sweep dood te slaan.