Judges 3:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het van Moab in dié tyd omtrent tienduisend man gedood, almal wellustig en almal dapper manne; en daar het geen man ontsnap nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het die Moabiete aangeval en omtrent 10 000 van hulle sterk en goeie soldate doodgemaak. Niemand kon wegkom nie.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het in die tyd van Moab omtrent tien duisend man verslaan, almal goed geboude en almal dapper manne, en niemand het vrygekom nie.
Afrikaans 1983 By daardie geleentheid het hulle die Moabiete verslaan: omtrent tien duisend man, almal sterk en goeie soldate. Niemand het ontsnap nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het Moab in dié tyd verslaan – ongeveer tienduisend man, almal stewige manne, almal bekwame manne – nie een het ontvlug nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Israeliete het die Moabiete oorwin en hulle het omtrent 10 000 manne doodgemaak. Die manne was almal vet, en elke man was 'n goeie soldaat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het toe die Moabiete aangeval en omtrent 10 000 van hulle beste troepe doodgemaak. Hulle het niemand laat wegkom nie.