Judges 3:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê vir hulle: Volg my, want die HERE het julle vyande, die Moabiete, in julle hand gegee. En hulle het afgetrek agter hom aan en die driwwe van die Jordaan na Moab ingeneem en niemand toegelaat om deur te trek nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Volg my,” het hy vir hulle gesê. “Die Here gee julle vyande, die Moabiete, in julle mag.” Hulle het hom gevolg. Hulle het beheer oorgeneem oor die Jordaandriwwe na Moab toe sodat niemand daar kon deurgaan nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê hy vir hulle: Volg my, want die HERE gee julle vyande, die Moabiete, in julle hand; en hulle het agter hom aan afgetrek en die Moabiete van die driwwe van die Jordaan afgesny en niemand toegelaat om deur te gaan nie. |
| Afrikaans 1983 | en vir hulle gesê: “Kom saam met my, want die Here gee julle vyande, die Moabiete, in julle mag oor.” Hulle is toe saam met hom en hulle het die Jordaandriwwe na Moab toe beset en niemand daar laat deurgaan nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het vir hulle gesê: “Volg my, want die Here gee julle vyande, die Moabiete, in julle hand. ” Hulle het toe afgetrek agter hom aan en die driwwe van die Jordaan na Moab beset. Niemand is toegelaat om deur te gaan nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en hy het vir hulle gesê: “Hardloop saam met my, want die Here sal julle vandag laat wen teen julle vyande, die Moabiete.” Die Israeliete het saam met Ehud gegaan en hulle het manne laat staan by die driwwe in die Jordaan-rivier tussen die land Israel en die land Moab. Die manne moes keer dat niemand deurgaan nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Kom saam met my,” het hy vir hulle gesê, “want die Here gee julle vyande, die Moabiete, in julle mag oor.” Hulle is toe saam met Ehud daar weg. Hulle het al die vlak dele van die Jordaanrivier toegemaak sodat niemand van Moab af daar kon deurkom nie. |