Judges 3:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hy aankom, het hy op die basuin geblaas op die berg van Efraim, en die kinders van Israel het saam met hom van die berg afgegaan, en hy voor hulle uit.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe hy die heuwels van Efraim bereik, het hy op die ramshoring geblaas om hulle op te roep vir oorlog. Die Israeliete het uit die heuwels agter hom aan gekom.
Afrikaans 1933/1953 En toe hy aankom, blaas hy op die ramshoring op die gebergte van Efraim, en die kinders van Israel het saam met hom van die gebergte afgetrek, en hy voor hulle uit.
Afrikaans 1983 Toe hy daar kom, het hy die ramshoring op die Efraimsberge laat blaas. Die Israeliete het van daar af na hom toe gekom. Hy het hulle leier geword
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar aangekom, het hy in die heuwelland van Efraim die •ramshoring laat blaas. Die Israeliete het toe saam met hom afgetrek uit die bergland, met hom aan die voorpunt.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe hy daar kom, het hy die ramshoring geblaas op die Efraim-berge. Die Israeliete het uit die berge gekom en hulle het saam met hom gegaan. Hy het voor gehardloop
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Met sy aankoms in die bergagtige gebied van Efraim het hy die trompet laat blaas om die soldate bymekaar te maak vir oorlog. Die Israeliete het na hom toe gekom, en hy was hulle leier.