Judges 3:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het gebly totdat hulle skaam was, en kyk, hy het die deure van die sitkamer nie oopgemaak nie; daarom het hulle 'n sleutel geneem en dit oopgemaak, en kyk, hulle heer het dood neergeval op die aarde.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het baie lank gewag. Toe die koning nie die deure van sy bovertrek oopmaak nie, het hulle ’n sleutel gekry en dit oopgesluit. Daar kry hulle hulle koning dood op die vloer.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het gewag totdat hulle verleë was; maar -- hy het die deure van die bo-kamer nie oopgemaak nie! En toe hulle die sleutel gaan haal en oopsluit, lê hulle heer daar dood op die grond!
Afrikaans 1983 Hulle het tot vervelens toe gewag, maar die koning het nie die deure van sy bovertrek oopgemaak nie, en toe hulle 'n sleutel vat en oopsluit, lê hulle koning daar dood op die vloer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het gewag totdat hulle verleë geraak het, maar kyk, niemand het die deure van die bovertrek oopgemaak nie. Hulle vat toe 'n sleutel en sluit oop. En daar lê hulle heer op die grond – morsdood!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het baie lank gewag en het nie geweet wat om te doen nie. Niemand het die deur oopgemaak nie. Hulle het 'n sleutel gebring en die deur oopgemaak. En toe lê hulle koning daar dood op die vloer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het geduldig gewag, maar toe die koning te lank na hulle sin vat, het hulle bekommerd geraak, ’n sleutel gaan haal en die deur oopgesluit, net om die koning dood op die vloer aan te tref.