Judges 3:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe hy uitgegaan het, het sy dienaars gekom; en toe hulle sien dat die deure van die sitkamer gesluit was, sê hulle: Waarlik, hy bedek sy voete in sy somerkamer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nadat hy weg is, het Eglon se amptenare teruggekom. Hulle het gesien dat die deure van die vertrek gesluit is. Hulle het vir mekaar gesê: Die koning is seker besig om die toilet te gebruik. |
| Afrikaans 1933/1953 | Net toe hy uitgegaan het, kom sy dienaars; en toe hulle sien en kyk: die deure van die bo-kamer was gegrendel, sê hulle: Hy is seker besig om sy voete te bedek in die koel kamer. |
| Afrikaans 1983 | Nadat hy uit is, het Eglon se amptenare gekom en toe hulle sien dat die deure van die bovertrek gegrendel is, het hulle gedink die koning is seker besig om hom te ontlas daar in die koel vertrek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy was net uit, toe daag Eglon se dienaars op en sien: Kyk, die deure na die bovertrek is dan gesluit! Hulle sê toe: “Hy is seker maar besig om sy voete te bedek in die koel kamer.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nadat Ehud weggegaan het, het die amptenare van die koning gekom en gesien die deur van die bo-kamer is toe. Hulle het gedink die koning sit op die toilet in die koel kamer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Na ’n ruk het Eglon se amptenare teruggekom. Toe hulle voel die deure is gesluit, het hulle gedink die koning is in die badkamer. |