Judges 3:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ehud het na hom gekom; en hy het in 'n somerkamer gesit, wat hy alleen vir homself gehad het. En Ehud sê: Ek het 'n boodskap van God aan jou. En hy het uit sy stoel opgestaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Ehud het nadergestaan aan die koning waar hy in sy private koel bovertrek gesit het. Ehud het vir hom gesê: “Ek het vir u ’n boodskap van God.” Die koning het van sy troon af opgestaan.
Afrikaans 1933/1953 En toe Ehud by hom inkom, terwyl hy in die koel bo-kamer sit wat vir hom alleen was, sê Ehud: Ek het 'n woord van God aan u! En toe hy van sy stoel af opstaan,
Afrikaans 1983 Ehud het nader gekom na die koning toe waar hy gesit het in sy koel bovertrek wat net vir hom bedoel was, en vir hom gesê: “Ek het 'n boodskap van God vir u.” Hy het toe opgestaan van sy troon af,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Ehud het na hom toe ingegaan, waar hy in die koel bovertrek sit wat vir die koning alleen bedoel was. “Ek het 'n boodskap van God vir u,” het Ehud gesê. Toe Eglon van die troon af opstaan,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning was in sy koel bo-kamer waar ander mense gewoonlik nie gekom het nie. Ehud het vir die koning gesê: “Ek bring vir jou 'n boodskap van God.” Toe die koning opstaan van sy stoel,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ehud het toe nader aan die koning gestap waar hy alleen in sy koel bovertrek gesit het, en vir hom gesê: “Ek het ’n boodskap van God af vir u.” Die koning het dadelik van sy troon af opgestaan