Judges 3:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hy het self teruggedraai van die steengroewe wat by Gilgal was, en gesê: Ek het 'n geheime boodskap aan u, o koning, wat gesê het: Bly stil. En almal wat by hom gestaan het, het van hom uitgegaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ehud het by Die Beelde naby Gilgal omgedraai en vir die koning kom sê: “U Edele, ek het ’n geheime boodskap om vir u te gee.” Eglon sê toe vir hom: “Net ’n oomblik.” Hy het al sy amptenare wat om hom was, uitgestuur. |
| Afrikaans 1933/1953 | maar hy self het omgedraai by die gesnede beelde wat by Gilgal was, en gesê: Ek het 'n geheime opdrag aan u, o koning! Di, sê toe: Stil! En almal wat by hom staan, het van hom af weggegaan buitentoe. |
| Afrikaans 1983 | maar Ehud het by Die Beelde naby Gilgal omgedraai en vir die koning kom sê: “Koning Eglon, ek het 'n geheime boodskap om vir u te gee.” Toe sê die koning: “Laat ons alleen,” en al sy amptenare het van hom af weggegaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Self het hy by die afgodsbeelde wat by Gilgal is, teruggedraai. “Ek het 'n geheime boodskap vir u, o koning,” het hy gesê. Eglon het gesê: “Stilte!” waarop almal wat hom bystaan, toe uitgegaan het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hyself het omgedraai by die beelde naby Gilgal. Hy het teruggegaan na die koning toe en vir hom gesê: “Koning, ek moet vir jou iets sê, maar dit is 'n geheim.” Die koning het toe gesê almal wat by hom was, moet uitgaan. Hulle het dit gedoen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het by die klipbeelde naby Gilgal omgedraai. Toe is hy terug na koning Eglon toe. Ehud sê toe vir hom: “U Majesteit, ek het ’n geheime boodskap net vir u!” Hierop het die koning vir sy amptenare gesê: “Stilte. Ons wil alleen wees!” en hulle is toe daar uit. |