Judges 3:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En nadat hy klaar was om die geskenk te offer, het hy die mense wat die geskenk gedra het, weggestuur. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nadat Ehud die belasting afgegee het, het die koning die mense wat dit gedra het, weggestuur. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe hy die belasting volledig afgelewer het, bring hy die mense wat die belasting gedra het, weg; |
| Afrikaans 1983 | Nadat Ehud die belasting oorhandig het, het die koning die mense wat dit gebring het, laat vertrek, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nadat hy die belasting nadergebring het, het hy die manskappe wat die belasting gedra het, laat gaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Ehud die belasting klaar vir die koning gegee het, het hy die mense teruggestuur wat die belasting-geld gedra het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nadat Ehud die belastinggeld aan die koning oorhandig het, het hy die mense wat dit gedra het, teruggestuur huis toe. |