Judges 3:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Ehud het vir hom 'n dolk gemaak wat twee rande gehad het, 'n el lank; en hy het dit onder sy kleed aan sy regterboud gegord. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ehud het vir hom ’n dolk gemaak van ’n halwe meter lank wat aan albei kante skerp was. Hy het dit onder sy klere weggesteek en dit aan sy regterkant vasgegespe. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ehud het vir hom 'n swaard gemaak, aan twee kante skerp, een el lank, en dit onder sy klere aan sy regterheup vasgegord; |
| Afrikaans 1983 | Ehud het vir hom 'n swaard gemaak, 'n halwe meter lank en aan albei kante geslyp. Hy het dit aan sy regterkant onder sy klere vasgemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ehud het vir hom 'n swaard gemaak met twee snykante wat 'n gomed lank was. Hy het dit onder sy klere aan sy regterheup vasgegord. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ehud het toe vir homself 'n swaard gemaak, die swaard se lem was altwee kante skerp. Dit was 'n kort swaard. Ehud het die swaard op sy regter-heup aan sy belt vasgemaak onder sy klere. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ehud het vir hom ’n swaard van 50 sentimeter lank gemaak en al twee kante van die swaard vlymskerp gemaak. Hy het die swaard aan sy regterkant onder sy klere vasgemaak. |