Judges 3:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar toe die kinders van Israel die HERE aanroep, het die HERE vir hulle 'n redder verwek, Ehud, die seun van Gera, 'n Benjaminiet, 'n man wat linkshandig was; en deur hom het die kinders van Israel 'n geskenk aan Eglon, die koning van Moab, gestuur. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het weer by die Here begin pleit om hulle te verlos. Hy het Ehud, die seun van Gera, gestuur om hulle te bevry. Hy was ’n Benjaminiet. Ehud was links. Die Israeliete het hom met hulle belasting na koning Eglon van Moab gestuur. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar toe die kinders van Israel die HERE aanroep, het die HERE vir hulle as verlosser verwek: Ehud, die seun van Gera, die Benjaminiet, 'n man wat links was. Deur hom stuur toe die kinders van Israel die belasting aan Eglon, die koning van Moab. |
| Afrikaans 1983 | Toe het hulle tot die Here geroep om hulp, en Hy het 'n redder vir hulle na vore laat kom, Ehud seun van Gera, 'n Benjaminiet. Ehud was links, en die Israeliete het hom met die belasting gestuur na koning Eglon van Moab toe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Israeliete het na die Here om hulp geroep, en die Here het vir hulle 'n verlosser laat opstaan. Dit was Ehud, die seun van Gera, die Benjaminiet, 'n man wat linkshandig was. Die Israeliete het hom gestuur met belasting vir Eglon, die koning van Moab. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het tot die Here gebid en gevra dat Hy hulle moet help. Die Here het toe vir die Israeliete 'n redder gestuur om hulle te red. Die redder was Ehud. Hy was die seun van Gera, 'n Benjamin-man. Ehud was links. Die Israeliete het hom gestuur om die belasting vir koning Eglon van Moab te bring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die Israeliete by die Here hulp gaan soek het, het Hy iemand gestuur om hulle te help. Dit was Ehud seun van Gera uit die stam van Benjamin. Ehud was linkshandig. Die Israeliete het hom met die belastinggeld na koning Eglon van Moab toe gestuur. |