Judges 3:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die kinders van Ammon en Amalek by hom versamel en gegaan en Israel verslaan en die stad van palmbome in besit geneem.
Afrikaans (NLV) 2011 Eglon het saam met die Ammoniete en die Amalekiete Israel aangeval en Jerigo verower.
Afrikaans 1933/1953 en hy versamel by hom die kinders van Ammon en Amalek. Daarop het hy weggetrek en Israel verslaan, en hulle het die Palmstad in besit geneem.
Afrikaans 1983 Eglon het die Ammoniete en ook vir Amalek by hom laat aansluit, en hulle het die Israeliete gaan verslaan en die Palmstad verower.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Eglon het die Ammoniete en Amalekiete by hom byeengebring. Hy het gegaan, Israel verslaan en die Palmstad ingeneem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Eglon het die Ammoniete en Amalekiete saam met hom gebring, en hy het die stad Jerigo oorwin, die stad waar baie palmbome gegroei het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Eglon het kragte saamgesnoer met die Ammoniete en die Amalekiete en saam het hulle Israel verslaan en Jerigo ingeneem.