Judges 3:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die kinders van Israel het weer gedoen wat verkeerd is in die oë van die HERE; en die HERE het Eglon, die koning van Moab, teen Israel versterk, omdat hulle gedoen het wat verkeerd was in die oë van die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Israeliete het toe weer dinge begin doen wat verkeerd is vir die Here. Hy het koning Eglon van Moab mag oor hulle gegee omdat hulle verkeerd gemaak het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die kinders van Israel het weer gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE. Toe maak die HERE Eglon, die koning van Moab, sterk teen Israel, omdat hulle gedoen het wat verkeerd was in die oë van die HERE; |
| Afrikaans 1983 | Die Israeliete het weer gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here en Hy het koning Eglon van Moab mag oor hulle laat kry omdat hulle gedoen het wat verkeerd is in die oë van die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Israeliete het weer gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. Die Here het Eglon, die koning van Moab, teen Israel versterk, omdat hulle gedoen het wat verkeerd is in die oë van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete het weer dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie. Daarom het die Here vir Eglon, die koning van die Moabiete, sterker laat word as die Israeliete. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Israeliete het later weer dinge gedoen wat nie die Here se goedkeuring weggedra het nie. Toe het die Here hulle in koning Eglon van Moab se mag oorgegee. |