Judges 3:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die Gees van die HERE het oor hom gekom, en hy het Israel gerig en uitgetrek om oorlog te voer en sy hand het die oorhand gekry teen Chusan-Risataim.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Gees van die Here was in hom. Hy het Israel begin lei. Otniël het oorlog teen die Aramese koning Kusan-Risatajim gaan maak. Die Here het Otniël die oorhand laat kry en hy het Kusan-Risatajim verslaan.
Afrikaans 1933/1953 En die Gees van die HERE het op hom gekom, en hy het Israel gerig en uitgetrek om oorlog te voer; en die HERE het Kusan Risat im, die koning van Aram, in sy hand gegee, sodat hy die oorhand oor Kusan Risat im gekry het.
Afrikaans 1983 Die Gees van die Here was op hom en hy het oor Israel geregeer. Otniël het oorlog gemaak teen koning Kusan-Risatajim van Mesopotamië, en die Here het hom oorgegee in die mag van Otniël. Hy het vir Kusan-Risatajim verslaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Gees van die Here het op hom gerus en hy het Israel gerig. Hy het uitgetrek om oorlog te voer, en die Here het vir Kusan-Risatajim, die koning van Aram, in sy hand gegee, sodat hy die oorhand oor Kusan-Risatajim gekry het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Gees van die Here het in Otniël gekom. Hy het die leier van die Israeliete geword, en hy het teen Kusan-Risatajim oorlog gemaak en hom oorwin. Die Here het vir Otniël gehelp om dit te doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Gees van die Here het van hom besit geneem en hy het Israel se leier geword. Hy het teen koning Kusan-Risatajim van Mesopotamië oorlog gemaak en hom met die hulp van die Here verslaan.