Judges 3:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit is die nasies wat die HERE nagelaat het om Israel deur hulle te beproef, almal uit Israel wat al die oorloë van Kanaän nie geken het nie;
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het hierdie nasies langer daar laat bly. Die Here wou die Israeliete wat nie aan die oorloë teen die Kanaäniete deelgeneem het nie, hiermee toets.
Afrikaans 1933/1953 En dit is die nasies wat die HERE laat oorbly het om Israel, almal wat al die oorloë van Kanaän nie geken het nie, deur hulle op die proef te stel --
Afrikaans 1983 Die Here het hierdie nasies met rus gelaat om die Israeliete met hulle op die proef te stel, dié Israeliete wat nie ondervinding gehad het van al die oorloë teen die Kanaäniete nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is die nasies wat die Here met rus gelaat het, om Israel deur hulle te toets – dit is nou almal wat nie ervaring gehad het van al die oorloë in Kanaän nie –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) [1-2] Die Here wou vir die Israeliete wat nog nie oorlog kon maak nie, leer hoe om oorlog te maak. Hy wou die Israeliete toets. Daarom het Hy hierdie volke laat bly waar hulle was:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het ’n klomp nasies in die land laat bly om die Israeliete wat nie teen die Kanaäniete geveg het nie te toets.