Judges 21:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê hulle: Wie is daar uit die stamme van Israel wat nie na die HERE in Mispa opgetrek het nie? En kyk, daar het niemand in die laer gekom van Jabes in Gílead na die vergadering nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle vra toe weer: “Is daar enige van die stamme van Israel wat nie opgedaag het by die byeenkoms vir die Here in Mispa nie?” Hulle vind toe uit dat daar niemand uit Jabes-Gilead na die byeenkoms toe gekom het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê hulle: Wie is diegene wat van die stamme van Israel nie opgegaan het na die HERE in Mispa nie? En kyk, niemand het uit Jabes in G¡lead na die laer, na die vergadering gekom nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe vra hulle: “Is daar nog 'n deel van die stamme van Israel wat nie na die Here toe gekom het in Mispa nie?” Dit het toe geblyk dat niemand uit Jabes in Gilead na die vergadering toe gekom het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle sê toe: “Watter een van die stamme van Israel het nie opgetrek na die Here in Mispa nie?” Kyk, niemand uit Jabes in Gilead het na die kamp, na die saamtrek, gekom nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom het hulle gevra: “Watter Israel-stam het nie na die tempel in Mispa gekom nie?” Niemand uit Jabes-Gilead het na die vergadering gekom nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In antwoord op hulle vraag of daar iemand was wat nie na die vergadering in Mispa toe gekom het nie, het dit geblyk dat niemand uit Jabes in Gilead daar was nie. |