Judges 21:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hoe moet ons met vroue doen vir die wat oorbly, terwyl ons by die HERE gesweer het dat ons hulle van ons dogters nie aan vroue sal gee nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Wat kan ons doen dat hulle wat van Benjamin oorgebly het, weer vroue kan kry? Ons het ’n eed voor die Here afgelê dat ons nooit ons dogters met een van hulle sal laat trou nie.”
Afrikaans 1933/1953 Wat kan ons doen vir hulle wat oorgebly het, wat vroue aanbetref? Want ons het by die HERE gesweer dat ons nie van ons dogters aan hulle as vroue sal gee nie.
Afrikaans 1983 Wat kan ons doen om vrouens te kry vir dié uit Benjamin wat oorgebly het? Ons het 'n eed voor die Here afgelê dat ons nie ons dogters met hulle sal laat trou nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wat kan ons, wat vroue betref, doen vir hulle, vir dié wat oorgebly het? Ons het self by die Here 'n eed afgelê dat ons nie van ons dogters vir hulle as vroue sal gee nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wat kan ons doen sodat die paar van hulle wat oorgebly het, vroue kan kry? Ons het belowe, en die Here was die getuie, ons sal nie ons dogters met hulle laat trou nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Wat kan ons doen om vroue in die hande te kry vir die mans uit die stam van Benjamin wat oorgebly het? Ons het mos gesweer dat ons nie ons dogters met hulle sal laat trou nie.”